HIER IS 'N PAAR ANTWOORDE OP VRAE WAT JY MAG HÊ

[/vc_column]

Aanvaar julle alle manuskripte

Ons sal geen entoesiastiese skrywers wegwys nie. Ons behou ons egter wel die reg voor om in uitsonderlike gevalle ‘n manuskrip af te keur sonder opgawe van redes.

Daar is ook ‘n paar uitsonderings. Ons aanvaar nie enige manuskrip wat pornografiese, rassistiese of homofobiese inhoud bevat nie.

Ons gee hoofsaaklike boeke in Afrikaans uit maar gepubliseer ook boeke in Engels.

Versprei De Novo Boeke die boeke wat julle uitgee na boekwinkels?

Nee ongelukkig nie. De Novo is ‘n selfpublikasie uitgewer. Dit beteken dat ons nie boeke soos tradisionele uitgewers versprei na boekwinkels nie. Alhoewel skrywers graag hul boeke op die rakke van boekwinkels wil sien, is daar ‘n nadeel hieraan verbonde. Om van verspreidingsdienste gebruik te maak kan ten minste R60 000 kos. Slegs groot, gevestigde uitgewers kan dit bekostig. Nadat verspreiders en boekwinkels hulle pond vleis geëis het, bly daar weinig oor wat by wyse van winsdeling uiteindelik in die skrywer se beursie beland. Daarteenoor betaal die skrywer wat die selfpublikasie roete volg geen tantieme aan verspreiders of boekwinkels nie en geskied vergoeding op De Novo Boeke se uiters billike winsdeling basis.

Watter hulp en dienste lewer De Novo Boeke aan skrywers

De Novo Boeke verskaf ’n bekostigbare publiseringsdiens aan nuwe (en gevestigde) skrywers. Ons dienste sluit die volgende in:

  • Teksversorging en bladuitleg (Typesetting)
  • Proeflees en redigering van teks
  • Ontwerp van boekomslag
  • Omskakeling na drukgereed pdf
  • POD (“Print-on-Demand”) drukkersdienste
  • Aansoek om ISBN nommer en strepieskode indien verlang
  • Hulp met bemarking, verspreiding en verkoop van boek deur
    • Ons webblad
    •  E-pos bemarking
    • Sosiale media

Hoe help De Novo Boeke my met die bekendstelling en verkoop van my boek

Ja dit is een van die dienste wat ons lewer. Sodra jou boek gereed is, word dit in ons aanlyn winkel geplaas. Ons plaas ‘n afbeelding van die voorblad asook ‘n kort lokteks om voornemende kopers meer oor die boek te vertel. Indien die koper die boek wil bestel, plaas hy of sy dit in die trollie en voltooi die bestelling. Betaling kan per EFT of kredietkaart (PayFast) geskied. Inligting oor die boek word ook op ons Facebook bladsy gepos en almal op ons kontaklys word per e-pos nuusbrief in kennis gestel van die boek.

In watter formaat moet manuskripte ingedien word

De Novo Boeke verkies dat manuskripte in MS Word, A4 bladsygrootte, in Arial font van 12pt met 1.5 spasiëring moet wees. Maar ons sal ook manuskripte aanvaar wat in enige ander woordverwerker toepassing geskryf is. Geen handgeskrewe manuskripte sal egter aanvaar word nie. Ingevolge n ooreenkoms met ons strategiese vennoot, Wise Owl Solutions, bied ons ook ‘n transkripsiediens aan wat klanklêers na geskrewe dokumente kan omskakel. Indien jy jou boek eerder wil dikteer en die klanklêer aan ons wil stuur om te transkribeer kan ons dit ook vir u doen. Besoek gerus Wise Owl se webblad vir meer inligting.

Mag ek my manuskrip per e-pos stuur

Ja beslis. As die manuskrip lêer egter baie groot is kan jy ook van van die We Transfer diens gebruik maak. Klik hier vir meer inligting oor hierdie uitstekende gratis, veilige en betroubare diens: https://wetransfer.com/

Kan ek kies van watter dienste wat julle aanbied ek gebruik wil maak

Ja, nadat die skrywer ons kwotasie ontvang het kan daar onderhandel word oor watter dienste die skrywer wil gebruik en wat hy of sy self sal hanteer.

Bied De Novo Boeke ook 'n tradisionele uitgewersdiens aan

Ja onder sekere omstandighede. Omdat De Novo Boeke al die kostes in so ‘n geval moet dra, is die winsverdeling iets wat met die outeur onderhandel word. Winsdeling vind ook eers plaas nadat die produksiekoste, en versendingskoste verhaal is. Laasgenoemde is egter normaalweg vir die rekening van die koper en word by die uitgewersprys bygevoeg. Die uitgewersprys word deur De Novo Boeke bepaal wat ook die reg voorbehou om verkoopskomissie te verhaal voordat winsdeling plaasvind.

Slide Coever De Novo Books Voorblad Klippies van Hoop Voorblad - Die Eerste Tree Cover Vreeslose Brandertemmer van Vleesbaai De Novo Books cover Cover Assignment Moscow De Novo Boeke Voorblad Piet Theron