Multimedia Voorbeelde
De Novo Boeke help skrywers om hulle drome van ‘n eie boek te verwesenlik. Dit is vir ons baie belangrik om saam met elke skrywer ‘n pad te stap om uiteindelik ‘n kwaliteit produk in hul hand te hou.
Ons het egter gevind dat daar al meer skrywers is wat belangstel in ‘n blog wat, behalwe geskrewe teks, ook klanklêers (potgooie) en video’s kan insluit. Omdat bemarking en advertensies van die vernaamste uitdagings is van skrywers wat die selfpublikasieroete volg, het ons dit goedgedink om ons dienste uit te brei om ook blogs en potgooie (podcasts) te skep en onderhou vir kliënte wat hierdie roete verkies.
Hier onder is ‘n paar voorbeelde van medialêers wat van ons skrywers geskep het en wat ons gebruik om hul boeke te bemark.
Ons adverteer ook ons skrywers se boeke op Facebook. Klik op die Facebook skakel vir meer inligting Facebook







