Transkripsiediens

Welkom by ons transkripsiediens

In medewerking met Wise Owl Solutions kan ons nou ook n transkripsiediens aanbied. Ons transkribeer klank en video lêers teen baie mededingende tariewe. Tans transkribeer ons slegs Afrikaanse en Engelse klanklêers. Ons is trots op ons uitstekende kliëntediens, spoed, akkuraatheid, kostedoeltreffendheid en veilige en konfidensiële hantering  van ons kliënte se inligting en lêers.

Ons transkripsietariewe word bereken teen klankminute. ‘n Klankminuut is een minuut van ‘n klankopname (audio minute). Gebruik die formule in die kantlyn om te bereken wat die benaderde koste sal wees om jou klank-lêer of video klankbaan te transkribeer.

Hoe werk dit?

Die prosedure is eintlik heel eenvoudig.

Volg net die inligting wat hier onder puntsgewys aangetoon word.

  • Vra ‘n kwotasie aan deur die vorm onderaan hierdie bladsy te gebruik
  • Aanvaar die kwotasie en betaal 50% van die gekwoteerde bedrag in ons PayPal rekening
  • Gebruik WeTransfer, ‘n gratis en baie veilige metode om jou klanklêer aan ons te stuur. Die gratis diens kan tot 2 GB hanteer.
  • Sodra ons jou lêer ontvang, sal ons dadelik met die transkribering begin

  • Wanneer ons die transkripsie voltooi het, sal ons jou verwittig en versoek om die balans van die gekwoteerde bedrag in te betaal
  • Die MS Word dokument sal daarna aan jou per e-pos of WeTransfer gestuur word.
  • Sodra jy die lêer ontvang het en tevrede is met die produk, word die projek as afgehandel beskou en vee ons dadelik alle klank en getranskribeerde inligting van ons toerusting af vir sekuriteit.

Wat transkribeer ons alles?

Ons transkribeer enige soort dokumente insluitende die volgende:

  • Besprekings / Onderhoude
  • Notules van vergaderings
  • Podcasts
  • Algemene navorsingverslae
  • Preke
  • Gedikteerde briewe, verslae en soortgelyk
  • Akademiese tesisse / verhandelings
  • Lesings / voordragte
  • Skoolprojekte / essays
  • Toesprake

Doen ‘n GRATIS toetslopie

Jy kan ons diens toets met ‘n gratis toetslopie. Stuur vir ons ‘n kort (nie langer as vyf minute) oudio lêer wat jy opgeneem het.  Gebruik dan die skakel hier onder om jou klanklêer met WeTransfer te stuur na info@denovowebs.co.za. Ons sal dit transkribeer en die resultaat vir jou per e-pos terug stuur.

Vra 'n kwotasie aan

Gebruik die vorm hier onder om ‘n kwotasie aan te vra.