Sal ons nog droom as ons dood is?

Is die dood die Groot Einde? Bly daar na die sterfte niks oor van al die mens se drome en aspirasies nie? Het alles wat ʼn mens in jou lewe bereik het na die dood geen sin meer nie?

Dit is die vrae wat dr. Piet Muller probeer beantwoord in hierdie boek. Hy kyk krities na opgetekende gevalle van mense wat buite hul liggame beweeg het en mense wat op vorige lewens aanspraak maak. Hy stel ook Suid-Afrikaners aan die woord wat soortgelyke ervarings gehad het en laat wetenskaplikes saampraat.

Voorwoord deur Magdaleen du Toit

As jy ‘n kopie van hierdie boek direk van die skrywer wil bestel kan jy op hierdie skakel klik om ‘n epos aan hom te stuur: Klik om bestelling te plaas