Wat noem ons ouers wie se kind gesterf het?

R100.00

Gerrit Visser se hartverskeurende verhaal van hoe “die ruiter op die vaal perd” – soos hy die dood noem – hul dogter kom steel het, sal elke leser diep raak.

Category:

Description

“Maar om toe te kyk hoe ’n terminaal siek kind besig is om te sterf, moet die pynlikste ding wees wat enige ouer kan oorkom. Wat gaan regtig in sulke kinders en ouers se gedagtes aan?”, vra Jean Oosthuizen in ’n artikel in Rapport van 15 Julie 2018. Dit is dan ook waaroor dit gaan in die verhaal van Gerrit Visser en sy dogter, Andrie, wat gesterf het nadat sy met myeloblastiese leukemie gediagnoseer was.

Gerrit se hartverskeurende verhaal van hoe “die ruiter op die vaal perd” – soos hy die dood noem – hul dogter kom steel het sal elke leser diep raak. “Om jou kind se naam en die woord “dood” in dieselfde sin te plaas voel onvanpas. Kindwees impliseer immers bruisende lewe, hoop, verwagting en ‘n toekoms wat wink! Die werklikheid is soms anders. Die dood het geen respek vir die ouderdom nie”, skryf Gerrit. “Wat word ’n ouer wie se kind gesterf het genoem?” wonder hy dan. As ‘n vrou se man sterf, is sy ‘n weduwee; as ‘n man se vrou sterf, is hy ‘n wewenaar en as ‘n kind se ouers sterf is hy/sy ‘n weeskind maar daar bestaan egter nie ‘n naam vir ouers wie se kind sterf nie. Die verlies, hartseer en verlange is te groot om in een woord vasgevang te word!

Address

Birlandstraat 41, Langebaan, Wes-Kaap
Website: http://www.denovowebs.co.za
Email: info@denovowebs.co.za

Lees meer boeke

Ek is liewer ‘n arm man wat in ‘n solder woon met baie boeke as ‘n koning wat nie lief is vir lees nie.

~ Thomas Babington Macaulay

Meer oor ons

Belangrik: De Novo Boeke is 'n privaat uitgewery wat skrywers help om self hul manuskripte te publiseer.