Publish self is the way to go.

Vrug deur Gebed eBoek

Vrug deur Gebed eBoek

R180.00

Gedrukte eksemplare van hierdie boek kan by Past. Michael W Richards bestel word by:
richardsmichael65@gmail.com

Michael Richards is predikant van die AGS in Suid-Afrika. Hy staan reeds 14 jaar heeltyds in die pastorale bediening. Hy het sy akademiese opleiding aan die AGS Teologiese Kollege voltooi en is tans die presiderende pastoor van die AGS Vryheid Nuwe Lewe gemeente.

Hierdie e-boek weergawe van Vrug deur Gebed is as Flipbook beskikbaar om aanlyn te lees. As jy verkies om die boek op jou rekenaar te stoor, kan jy die e-pdf weergawe aflaai en op jou rekenaar of tablet stoor deur bloot op die “Download” pyltjie op die taakbalk van die Flipbook te klik.

Categories: , Tags: ,

Description

“Oor die afgelope 14 jaar in die voltydse bediening is my waarneming dat toegewyde gebed ‘n geestelike dissipline is wat in groot dele van die liggaam ontbreek. Ek is oortuig dat biddeloosheid vernaam toegeskryf kan word aan die feit dat ons in die eerste plek nie ten volle begryp waarom ons behoort te bid.

Tweedens weet baie gelowiges nie hoe om te bid. Talle gelowiges voel totaal oorweldig deur die magdom inligting wat daar beskikbaar is aangaande die onderwerp van gebed. Om egter sinvol uitdrukking aan gebed te kan gee is dit belangrik dat ons ‘n bybelsverantwoordbare sisteem in ons denke sal hê. In die Bybel het God egter ‘n duidelike patroon vir gebed en persoonlike toenadering tot Hom neergelê. Deur die Ou Testament Tent Tabernakel te bestudeer leer ons hoe om sinvol uitdrukking aan die sowat 17 verskillende vorme van gebed te kan gee. Die verskillende afdelings en meubelstukke van die Tabernakel dien as visuele rusplekke of stasies wat ons in gebed sal help om op ‘n meer volledige en skriftuurlike wyse uitdrukking aan ons gebedslewe te kan gee.

Dit is die wil en verlange van God dat sy kinders se lewens vrugbaar sal wees. In die hoofstukke van hierdie boek gaan jy ontdek hoedat daar ‘n duidelik patroon tot ‘n lewe van oorvloedige vrug uit die skrif na vore tree. Jy gaan geheimenisse ontdek wat indien jy dit toepas, jou lewe, jou persoonlike verhouding met God en jou bediening nooit weer dieselfde sal wees.

Op hierdie reis gaan jy ontdek dat gebed nie net belangrik is nie, maar lewensnoodsaaklik en absoluut kritiek tot die ontdekking, bereiking en volvoering van God se wil en werk op hierdie aarde. Ek nooi jou om saam met my op reis te gaan en te beleef hoe dat God jou deur gebed na hoër hoogtes en dieper dimensies van gees-lewe neem.”

Meer oor ons

Belangrik: De Novo Boeke is 'n privaat uitgewery wat skrywers help om self hul manuskripte te publiseer.

De Novo Boeke covid-19 advice