My Eie Gedigte Boek

R60.00

E-boek formaat

Hierdie gedigteboek is ‘n langgekoesterde lewensdroom wat hier aan die Weskus vir Fienie Wuestenenk waar geword het.

Klik hier as jy vekies om die digbundel in gedrukte kopie direk by Fienie te bestel.

Category:

Description

Kom stap saam…

Kom stap ‘n entjie saam met my. Die lewe is ‘n lys van onvergeetlike wandelings. Om met God te praat, vereis geen gewyde atmosfeer of verhewe taal nie. Fienie se lewe was soos elkeen van ons, vol kinkels en draaie. Sy het moeilike ervarings deurgemaak, maar uiteindelik het sy dit oorleef met ‘n nuwe toewyding en ‘n sterker geloof.

“Loof die Here, want Hy is goed, aan Sy liefde is daar geen einde nie!” So moet die mense sê wat deur die Here bevry is.

Hulle was honger en dors, hulle was uitgeput, maar hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp en Hy het hulle gered uit hulle ellende. (Psalm 107)
Stap deur die bladsye van hierdie bundel en laat elke gedig jou herinner aan God se oordadige goedheid, so uniek en besonders al die woorde bymekaargesit. Elke gedig nooi jou uit om na te dink oor die ongegunde potensiaal wat buite jou gemaksone op jou wag. Daar is in elkeen van ons soveel drome wat net daardie eerste tree op die water verlang. As jy op die water wil loop, klim uit die boot. Fienie inspireer ons om ons hart en ons arms wyd oop te maak vir elke saamstapper in ons lewe.

Beatie Visser


Fienie Wuestenenk het haar lewensreis in ‘n ander wentelbaan geplaas toe sy na die Weskus verhuis het! Sy het geliefdes en vriende agter gelaat om haar droom te bewaarheid van ‘n Weskus lewe met Son, See, Strand en haar geliefde Skulpies wat vir haar so baie beteken. Hier het sy haar voete gevind en uit dankbaarheid haar hart oopgemaak met haar gedigte! Hieruit vloei haar Liefde vir die Weskus en sy mense. Haar gedigte spruit uit Dankbaarheid, Lewenslus en Opgewondenheid om die Weskus haar nuwe tuiste te maak.
Fienie Wuestenenk! Mag jou Droom jou tot Groot Hoogtes bring!
Ons is so trots en opgewonde dat jou Droom in hierdie Bundel vasgevang word!

Liefde van jou Weskus vriend!

Address

Birlandstraat 41, Langebaan, Wes-Kaap
Website: http://www.denovowebs.co.za
Email: info@denovowebs.co.za

Lees meer boeke

Ek is liewer ‘n arm man wat in ‘n solder woon met baie boeke as ‘n koning wat nie lief is vir lees nie.

~ Thomas Babington Macaulay

Meer oor ons

Belangrik: De Novo Boeke is 'n privaat uitgewery wat skrywers help om self hul manuskripte te publiseer.