Mosaïek van mense.

Ontmoetings wat my denke en lewe radikaal verander het.
Nico Smith

Van Barth tot Buti, van Boshoff tot Mandela – só uiteenlopend is die groot geeste wat Nico Smith se pad oor ses dekades vanaf Afrika tot in Europa en terug gekruis het. Ontmoetings wat sy denke en lewe radikaal verander het

UITGEWER: Bybel-Media

As jy ‘n kopie van hierdie boek by Bybelmedia wil bestel kan jy op hierdie skakel klik: Plaas bestelling

Category:

Description

OPSOMMING: Sommige ontmoetings was eenmalig, ander feitlik lewenslank. Dié mosaïek van mense het Smith help maak wat hy was: die stormvoëls wat vreesloos stelling ingeneem het teen ongeregtigheid; dié wat nie kans gesien het om meer te doen as om in die binnekamers te fluister nie en dié vir wie volk en kultuur onafskeidbaar van kerk en teologie was. Dan is daar ook dié buite die Afrikanerkring wat juis weens hul afstand die eerste vlammetjie van twyfel by ’n jong sendingsekretaris aangesteek het.

Oor dié ontmoetings en gesprekke het Smith volledig geskryf, nie om met die grotes wat hom by die naam geken het te smous nie, maar om ’n beduidende geskiedenis op te teken: enersyds dié van ’n enkeling wat halfpad deur sy lewe die moed gehad het om om te draai en stroom-op te swem, en andersyds dié van sy mense wat verkneg geraak het aan ’n ideologie – en daardeur ander verkneg het.

Address

Birlandstraat 41, Langebaan, Wes-Kaap
Website: http://www.denovowebs.co.za
Email: info@denovowebs.co.za

Lees meer boeke

Ek is liewer ‘n arm man wat in ‘n solder woon met baie boeke as ‘n koning wat nie lief is vir lees nie.

~ Thomas Babington Macaulay

Meer oor ons

Belangrik: De Novo Boeke is 'n privaat uitgewery wat skrywers help om self hul manuskripte te publiseer.