Description
Tydens die blootstelling van talle skoliere en verskeie aansoekers/werknemers aan ’n battery van psigometriese toetse vir onder andere vakkeuses of vir moonlike aanstelling of ontwikkelingsdoeleindes, is dit taamlik skokkend om die hoë ansgvlakke te sien wat by ’n groot getal van hierdie mense aanwesig is. Die implikasies hiervan is nie baie positief nie aangesien dit ’n geweldige las op die persoon kan plaas terwyl hulle moet meeding met andere op verskillende terreine.
Ten spyte van die skolier se briljante intellek of die kandidaat se uitstekende vaardighede kan hierdie las veroorsaak dat hulle van sekere geleenthede in die lewe ontneem word en sodoende die persoon se kwalitiet van lewe sowel as sy eie geestesgesondheid baie nadelig kan beinvloed.
Hierdie boek is dus ’n poging vir die persoon om te besef dat hulle nie noodwendig die slagoffer van hulle verlede hoef te wees nie en dat hulle deur goed deurdagte keuses ’n beduidende verskil in hulle loopbane en toekoms kan maak.
Met Covid-19 wat deesdae vinnig toeneem groei die angs en vrees by veral ons Gesondheidspersoneel daagliks met baie nadelige gevolge. Mediese personeel kan nie meer die druk hanteer nie – nie net as gevolg van werksdrukte nie maar ook weens die vrees dat hulle self die virus mag optel weens al die bloodstelling. Die Onderwys departement het tot op hede bykans 1600 onderwyspersoneel aan die dood afgestaan, weens die virus. Angs en vrees is besig om ‘n dramatiese toename te toon wat ons mense hulpeloos laat en nie weet wat om te doen nie. Ek dink as mens die emosies van vrees en angs in ons alledaagse lewe as baie normaal sal sien en dit op ‘n konstruktiewe manier probeer reguleer (bestuur) behoort ons pad vorentoe baie makliker as ook minder stresvol te wees.