Krummels en Korsies

In die voorwoord van hierdie nuutste boekie van Diek van Wyk sê hy heel beskeie:”Hierdie kort skryfseltjies is by wyse van spreke krummels wat van my rekenaar se woordverwerker afgeval het. Hulle verdien nie om by een van my “gewigter” e-boeke ingesluit te word nie maar verdien ook nie om summier van die rekenaar afgevee te word nie. Hulle is soos krummels, bedoel om met die vinger opgetel en geproe te word.” Maar Diek van Wyk aanhangers sal in hierdie boekie 20 juweeltjies vind wat watertand lekker lees.

Category:

Description

Die boekie bevat verskeie interessante “reisverhale” waar Diek op sy unieke manier vertel van die lande wat hy besoek het en wat hy daar ervaar het. Hy bekyk meestal die lande uit ‘n heel ander hoek as die gewone reisiger met talle boeiende staaltjies ingevleg.

Soos van ‘n taalsmit soos Diek verwag, bevat die boekie ook ‘n paar interessante taallesse. En vir die wat nie weet wat voëling is nie, bestel die boekie en vind uit!

Address

Birlandstraat 41, Langebaan, Wes-Kaap
Website: http://www.denovowebs.co.za
Email: info@denovowebs.co.za

Lees meer boeke

Ek is liewer ‘n arm man wat in ‘n solder woon met baie boeke as ‘n koning wat nie lief is vir lees nie.

~ Thomas Babington Macaulay

Meer oor ons

Belangrik: De Novo Boeke is 'n privaat uitgewery wat skrywers help om self hul manuskripte te publiseer.