Publish self is the way to go.

KOERANT E-BOEK

KOERANT E-BOEK

R80.00

Op 3 Januarie 2021 vier die skrywer sy 80ste verjaardag. Hy sê: My 80ste sou ek met ‘n tradisionele feesmaal kon vier. Die keuse was egter: doen dit liewer met iets standhoudend, met woorde op papier. Ek noem my verjaardag-boek “Koerant”. Die koerant was ‘n lewenslange passie.

Koerant kan in drie formate bestel word. Klik op die betrokke skakels hier onder om jou bestelling te plaas

Klik hier vir die flipboek weergawe. Klik hier om 'n bestelling vir 'n gedrukte kopie te plaas Klik op Add to cart om die e-pdf weergawe te bestel

 

 

Categories: ,

Description

Hennie van Deventer se loopbaan dek ‘n wye spektrum. By Die Volksblad was hy onder meer parlementêre verslaggewer, hoofsubredakteur, nuusredakteur en redakteur. By Beeld was hy die eerste nuusredakteur en senior assistent-redakteur. By Naspers was hy uitvoerende hoof: koerante van die Pers.

In sy lewe staan ’n menigte passies uit: van liefde vir die bos tot ‘n verslawing aan seevaarte. Niks identifiseer egter die man meer as sy koerantverbintenis nie. Dit is ‘n onuitwisbare dimensie.  Aan die vooraand van sy 80ste sou die noodlot, helaas, ingryp. Volksblad se lewe as papierkoerant kom ná 116 vrugbare jare tot ‘n einde.  Vir Van Deventer wat 12 jaar redakteur was,  was dit onverwags, ontnugterend en ‘n sware verlies.

In die gedenkboek Koerant is die rou nog vars.  Die vlammetjie van rou steek egter ‘n groter vuur aan. In 50 essays skryf hy nie net met hartseer nie, maar ook met hartstog en humor oor hope herinneringe en anekdotes. Noem ‘n aspek van sy loopbaan –  iewers steek dit kop uit. Selfs name soos Dallas, Anneline Kriel en Racheltjie de Beer duik onverwags op.

Koop die boek en klink saam ‘n glasie op 80 vervullende jare.

Klik hier om te lees wat die resensent, Louise Viljoen, oor KOERANT te sê het

 

Meer oor ons

Belangrik: De Novo Boeke is 'n privaat uitgewery wat skrywers help om self hul manuskripte te publiseer.

De Novo Boeke covid-19 advice