Publish self is the way to go.

Is jou Onsinverklikker reg gekalibreer?

Is jou Onsinverklikker reg gekalibreer?

R0.00

Die onsinverklikker is die mens se vermoë om te onderskei tussen sin en onsin. In Engels praat hulle van “nonsense detector” of sommer “bullshit detector”. Dit is noodsaaklik dat elke mens sy/haar onsinverklikker te alle tye aangeskakel moet hou anders glo jy maklik die grootste onsin en maak ’n totale gek van jouself. Hierdie boek is bedoel om lesers te help om tussen sin, onsin, mites, fabels, volksverhale en ander litteratuursoorte to onderskei, ook dié wat in Die Bybel voorkom.

Category:

Description

In 2015 het Gord Pennycook, ’n PhD student in sielkunde aan die Universiteit van Waterloo in Kanada, navorsing gedoen om te probeer vasstel wat die eienskappe is van mense wat enige “bullshit” storie sommer geredelik aanvaar (d.w.s. wie se onsinverklikkers nie aangeskakel is of reg gekalibreer is nie). Hy het bevind dat mense wat “bullshit” geredelik aanvaar, oor die algemeen minder ontledend dink, minder intelligent is, minder diepte in hul insigte het en oor die algemeen meer godsdienstig is.

Omdat Christene so fyngevoelig is wanneer mens sê sekere dele van die Bybel, soos die skeppingsverhaal van Genesis, Noag en die Ark, Jona en die groot vis en so meer, mites is, is daar ’n hoofstuk wat spesifiek oor mites handel.

Die boek bevat 20 verhale, sommige uit Die Bybel en ander uit ander bronne, en die leser word na elke verhaal die keuse gegee om te sê wat sy onsinverklikker oor die verhaal sê – is dit sin of onsin of is dit ‘n sekere literatuursoort  wat op die oog af as onsin voorkom maar van die leser die vermoë vra om te begryp dat “er niet staat wat er staat”.

Meer oor ons

Belangrik: De Novo Boeke is 'n privaat uitgewery wat skrywers help om self hul manuskripte te publiseer.

De Novo Boeke covid-19 advice