Publish self is the way to go.

Hartsake in Lockdown eBoek

Sale!

Hartsake in Lockdown eBoek

R60.00

Van die ashoop in my gedagtes tot oorwinning in God.

Saadjies van hoop vir elke dag.

Die gedrukte weergawe kan direk by die skrywer bestel word: Mariska Kemp <sid100@webmail.co.za>

Description

Aan die begin was ek ‘n emosionele wrak, totdat God my “aan die begin” geword het.
Ek dink die meeste van ons verstaan nie altyd hoekom slegte dinge gebeur nie. Ek persoonlik het vir jare met haat en bitterheid geworstel oor slegte dinge wat in my lewe plaasgevind het. Maar daardie haat, bitterheid en onvergewensgesindheid het my op ‘n ashoop laat bly sit. Hoekom sê ek as? Die gesegde sê mos “as is verbrande hout”. In Jesaja 61, word daar verwys na as, nie net as nie, maar wel wat God met hierdie as wil doen vir my en jou.
JESAJA 61: 3 …om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, ’n gewaad van lof vir ’n verslae gees; sodat hulle genoem kan word terebinte van geregtigheid, ’n planting van die Here, tot sy verheerliking.

In die Engelse vertaling van die Bybel word dit so mooi gestel: “Beauty for ashes”

Jesus Christus kan die seerste seer in die mooiste mooi verander. Ons moet Hom net toestemming gee om ons uit die as in die skoonheid in te help. So, ons moet opstaan uit dit wat ons terughou, die kettings van die verlede breek wat ons vashou en daardie eerste tree van vertroue in Sy arms in neem. Dis soos wanneer ‘n baba leer om alleen regop te staan, en Mamma of Pappa staan met uitgestrekte arms en roep vir baba om die eerste tree te gee. Net so staan God met uitgestrekte arms en wag dat ons daardie spesiale eerste tree uit ons verlede gee. En raai wat? Geen baba, waarvan ek al gehoor het, het onmiddellik begin hardloop nie. Dis een, twee treetjies en val, maar soos baba se ouers ophelp, so help God ons ook op. “Just let Him!”

PSALM 37: 24 As hy val, dan stort hy nie neer nie; want die Here ondersteun sy hand.

Moenie in die as bly sit nie. Laat toe dat God jou “aan die begin” word. Dit is wanneer jou seer jou getuienis word, van die ashoop tot oorwinning.

Mariska

Meer oor ons

Belangrik: De Novo Boeke is 'n privaat uitgewery wat skrywers help om self hul manuskripte te publiseer.

De Novo Boeke covid-19 advice