God. Ek is ook hier!

R70.00

‘n Gedagte wat Paulo Coelho in sy boek The Fifth Mountain beklemtoon, is dat ‘n mens meermale geforseer word om ‘n bepaalde “journey” te stap.
“When a man journeys toward his destiny, often he is obliged to change paths. All this is part of the apprenticeship.”

Category:

Description

Dit lyk vir my dat as jy eers met hierdie “journey” begin het, is omdraai nie maklik of moontlik nie. Jy moet doodeenvoudig vasbyt en deurdruk anders mag jy ‘n wêreld se ervarings, lesse, lewenswyshede en belewenisse mis wat onvervangbaar is.

Daarom dat Hendrik Venter in sy boek die volgende aanhaling aanhoudend beklemtoon: “Take your soul on a drive or else it will take you for a ride.”

Dit is baie duidelik uit hierdie boek dat Venter inderdaad ‘n baie moeilike en gekompliseerde reis op voetsoolvlak beleef het. Op hierdie reis is hy oop en krities-soekend na godsdienstige antwoorde op sy eie pad en ervarings. Hy skryf: “wanneer ek by die kerk uitstap, is ek op my eie en moet ek self kies. Nadat ek by die sielkundige klaar is, is ek ook op my eie en moet ek self gaan doen. Êrens hier op my eie moet ek by myself begin; moet ek kies wat ek gaan doen om sin te gee aan my lewe.”

Address

Birlandstraat 41, Langebaan, Wes-Kaap
Website: http://www.denovowebs.co.za
Email: info@denovowebs.co.za

Lees meer boeke

Ek is liewer ‘n arm man wat in ‘n solder woon met baie boeke as ‘n koning wat nie lief is vir lees nie.

~ Thomas Babington Macaulay

Meer oor ons

Belangrik: De Novo Boeke is 'n privaat uitgewery wat skrywers help om self hul manuskripte te publiseer.