Publish self is the way to go.

Die Reënboogmaker eBoek

Die Reënboogmaker eBoek

R150.00

Nico Luwes is  ‘n professionele akteur en dramaturg met ses gepubliseerde toneelstukke en meer as vier-en-dertig toneelstukke en verskillende vertalings van toneelstukke tot sy eer. Hy het verskeie toekennings ontvang, waaronder die Piers Nicolson-toekenning vir sy bydrae tot teater in 1992. Hy ontvang ook verskeie NAC-toekennings vir dramaturgie en twee radiodramas en ‘n NQF-beurs vir dramastudente. Hy het ook die NQF-toekenning ontvang vir die skryf van Don’t shoot the messenger! ‘n toneelstuk wat hy namens die Departement Natuurwetenskappe vir die Darwin-gedenkjaar geskryf het. (Onthou om Free shipping te kies op die Cart bladsy)

‘n Gedrukte weergawe kan by die outeur bestel word by e-pos: luwes@ufs.ac.za

Description

Die bekende Dr Pieter Fourie sê oor Nico se jongste boek die volgende:

“Met Die Reënboogmaker keer Nico Luwes terug na die era van die plaasroman, maar nou verrassend vars en in ‘n splinternuwe baadjie. Oop, eerlik, toeganklik, verkennend en sonder enige pretensie. Hy span sy doek wyd op die terreine van die kampuswêreld waar die professor en student bevrydend en verrykend kommunikeer; die misterie van die Oewerkonyn of Doekvoetjie en die ongemaklike ontwaking van ‘n eerste liefde wat nie sy woorde kan vind nie. Middelpos, die kleinste dorpie in Suid Afrika en die geboorteplek van Sir Anthony Sher en die buurdorp Sutherland waar NP en WEG  vanWyk Louw hulle eerste lewenslig aanskou het, is ook karakters in hierdie storie. Nico skilder ‘n volledige kyk na hierdie Karoodorpies en die wedersydse onlosmaaklikheid van sy mense. Mens kyk opnuut na NP van Wyk Louw se Klipwerk en FA Venter se Die middag ruik na warm as.

Dit is ‘n moet-lees vir elke Karoomens en almal wat via die kleindorpies die makrowêreld van die mens wil herontdek.

Dr Pieter Fourie

Meer oor ons

Belangrik: De Novo Boeke is 'n privaat uitgewery wat skrywers help om self hul manuskripte te publiseer.

De Novo Boeke covid-19 advice