Publish self is the way to go.

Die Groot Plan van God

Die Groot Plan van God

R90.00

In Spreuke is daar ‘n vers wat sê dat die pad van die regverdige is soos ‘n lig wat al hoe helderder word (Spr. 4:18) So is dit ook dat in God se interaksie met die mens, Hy die sluier lig soos wat die eeue verbygaan. God het Sy geheime (Deut. 29:29), maar soos tyd verloop openbaar Hy aan wie Hy wil, hiér ‘n bietjie en dáár ‘n bietjie (Jes. 28:9-10, Dan. 12:4).

Categories: ,

Description

Een groot struikelblok wat mense se oë verblind vir die waarheid, is tradisionele dogmas. Onskriftuurlike leerstellings wat ‘n verwronge beeld van God uitbasuin. Bitter min Christene besef die Almag, die soewereiniteit, die alomteenwoordigheid, die intellek en die onpeilbare liefde van God.

Die één struikelblok wat meeste Christene mislei is die tradisionele lering oor die lot van ongelowiges.
Die deurbraak wat my kaarte laat tuimel het, het gekom toe ek “toevallig” (is daar enigiets toevallig?) iets gelees het wat ek ‘n paar jaar tevore op my rekenaar gestoor het. Ek het sedertdien daarvan vergeet. In nabetragting, vermoed ek dat ek destyds besluit het om dit te bêre vir studie eendag wanneer ek tyd het. Dit was Analytical Study of Words deur Louis Abbott. Dit gaan veral oor die woorde “hel”, “ewige straf” en “ewigdurende vernietiging” wat in meeste Bybelvertalings voorkom.

Tradisies was deur eeue heen ‘n groot struikelblok wat die pad na waarheid versper. Dit was ook so in Jesus se tyd (Mat. 15:3-6). Die probleem is dat mens grootgeword het met ‘n sekere siening en aanvaar dit as waarheid sonder om rede te sien om dit te bevraagteken. Selfs die Protestantse kerke dra steeds talle gebruike wat van die Roomse kerk kom, wat glad nie in die Skrif gevind kan word nie. Vir sommige is dit kettery en godslastering om sekere van die leerstellings en gebruike te kritiseer of te bevraagteken.

Sien jy jou weg oop om met ‘n oop gemoed my boek te lees? Is jy bereid om alle dinge te ondersoek en die goeie te behou? (1 Thes. 5:21)

Meer oor ons

Belangrik: De Novo Boeke is 'n privaat uitgewery wat skrywers help om self hul manuskripte te publiseer.

De Novo Boeke covid-19 advice