Die Afrikaner-Broederbond

R80.00

Nico Smith, oud-NG predikant, oud-professor in Sendingwetenskap, oud-sendingsekretaris, oud-Afrikaner- Broederbonder en uiteindelik ‘uitgeweke’ predikant in die Swart woonbuurt Mamelodi, vertel van die ongekende mag van die Afrikaner-Broederbond in die swart apartheidsjare.

 

Category:

Description

Dompas en Vrypas – twee pasmaats wat hand aan hand deur die apartheidsgeskiedenis van Suid-Afrika loop. Die onderdrukking van die swartes aan die een kant, aan die ander kant die mag van die Afrikaner, gerugsteun deur die Afrkaner-Broederbond, ‘n geheime organisasie wat die Afrikaner ‘n vrypas gegee het om gekleurde mense hulle fundamentele menseregte te ontneem – en dit danksy die NG Kerk Bybels gefundeer het.Vir die eerste keer praat ‘n voormalige lid van die Afrikaner-Broederbond uit. Nie om die goeie werk van die organisasie weer eens te beklemtoon nie, maar om te onthul wat so lank vir die res van die volk geheim gehou is.

Smith vertel van die greep wat die Afrikaner-Broederbond op die regering gehad het, die greep van die regering op die Broederbond, die greep van die NG Kerk op die Bond en op die regering.

Nico Smith, oud-NG predikant, oud-professor in Sendingwetenskap, oud-sendingsekretaris, oud-Afrikaner- Broederbonder en uiteindelik ‘uitgeweke’ predikant in die Swart woonbuurt Mamelodi, vertel van die ongekende mag van die Afrikaner-Broederbond in die swart apartheidsjare.

Toggle content title...

 

Address

Birlandstraat 41, Langebaan, Wes-Kaap
Website: http://www.denovowebs.co.za
Email: info@denovowebs.co.za

Lees meer boeke

Ek is liewer ‘n arm man wat in ‘n solder woon met baie boeke as ‘n koning wat nie lief is vir lees nie.

~ Thomas Babington Macaulay

Meer oor ons

Belangrik: De Novo Boeke is 'n privaat uitgewery wat skrywers help om self hul manuskripte te publiseer.