Destyds

R0.00

Diek van Wyk sê: “Ek probeer net vertel van destyds. Wat hier volg is brood op die waters. Die verlede is herinnering, dit is verby. Dit sal nie terugkeer nie. Ek aanvaar dit vir wat dit is.”

Category:

Description

Jy sou dit die tipiese nostalgie van die ouderdom kon noem: ‘n oumens wat in die verlede terug leef en dit verheerlik. Dit het ‘n goeie skoot waarheid in. Oumense is so, hulle hunker terug na wat was, veral as hulle alleen is. Ek is egter oortuig ek het ‘n interessante en geborge jeug gehad, as ek daaronder die jare tot en met die einde van my laerskoolloopbaan verstaan – op hoërskool was dit anders. Nie net is die regte ouers en voorsate vir my gekies nie, ek was ook so bevoorreg om groot te word in tye en omstandighede wat deel van die geskiedenis en miskien selfs flentertjies kultuurgeskiedenis geword het. En dit boonop in ‘n uithoek van die land wat dalk nie so bekend is nie.

Ek het gedink dit sal interessantheidswaarde hê vir dié van my familie, my nasate en vriende en kennisse met genoeg mededoë vir ‘n oumens se terugkyk op sy jeug om die een en ander op skrif, of liewer: op mynrekenaar, te stel.

Dit is nie vir publikasie bedoel nie. As dit was (wat ek my beslis nie sou aanmatig nie), sou ek dit anders aangepak het. Ek probeer dus informeel verslag doen van ‘n paar dinge wat ek kan onthou en wat ek destyds belewe het. Vandaar die titel Destyds. Ek probeer net vertel van destyds. Wat hier volg is brood op die waters. Die verlede is herinnering, dit is
verby. Dit sal nie terugkeer nie. Ek aanvaar dit vir wat dit is.

Diek van Wyk
Jeffreysbaai
Mei, 2017

Address

Birlandstraat 41, Langebaan, Wes-Kaap
Website: http://www.denovowebs.co.za
Email: info@denovowebs.co.za

Lees meer boeke

Ek is liewer ‘n arm man wat in ‘n solder woon met baie boeke as ‘n koning wat nie lief is vir lees nie.

~ Thomas Babington Macaulay

Meer oor ons

Belangrik: De Novo Boeke is 'n privaat uitgewery wat skrywers help om self hul manuskripte te publiseer.