Boekbekendstellings

R0.00

Boekbekendstellings
Diek van Wyk

Sommige van die boeke wat Diek van Wyk bekendstel sluit in A History of God van Karen Armstrong, Reading the Bible again for the first time. Taking the Bible seriously but not literally van Marcus J. Borg, en Meeting Jesus again for the first time. The historical Jesus and the heart of contemporary faith. Van Geza Vermes bespreek hy onder andere The changing faces of Jesus en, The Passion en van Elaine Pagels is daar The Gnostic Gospels -, Beyond Belief en The Secret Gospel of Thomas. Van John Caroll is daar ’n bespreking van The Existential Jesus en van John Carroll, The Jesus Mysteries. Van Timothy Freke & Peter Gandy is daar ’n bespreking van Was the original Jesus a pagan god? en Jesus Lived in India. His Unknown Life Before and After the Crucifixion van Holger Kersten word ook bespreek. Dit is maar net ’n paar van die besprekings wat ingesluit is. Selfs al het jy hierdie boeke (of sommige daarvan) self gelees, sal die insig waarmee Diek die boeke bespreek jou verstom.

Category:

Description

Voorwoord

Op een of ander manier – ek kan nie meer onthou hoe nie – het ek te hore gekom van Piet van Staden se Gespreksgroep Religie en Aanverwante Sake, kortweg GRAS. Piet is ‘n Hervormde predikant met ‘n oop kop, ‘n doktorsgraad in Nuwe Testament en ‘n gedeeltelike betrokkenheid by ‘n gemeente in Paarl, waar hy GRAS op die been gebring het. Dit was ‘n groep wat gereeld vergader het en maandeliks ‘n nuusbrief, GRASNUUS, onder redaksie van Piet uitgestuur het na ‘n landswye leserskring. Dit is hierby waar ek aangehaak het. Bydraes van lesers is verwelkom en ek het my deel begin doen by wyse van boekbekend-stellings, artikels, verhaaltjies, kort bydraetjies en selfs foto’s. Oor die jare het my aandeel nogal ‘n taamlike omvang aangeneem. Die boek-bekendstellings word hierin saamgevat, die verhale en artikels in ander bundels. Ek het nooit voorgegee dat ek boeke geresenseer het nie. ‘n Resensie veronderstel dat die resensent ‘n kundige op die betrokke terrein is, terwyl ek as ‘n belangstellende leek geskryf het. Dit is dan ook in elke geval so deur GRASnuus aangebied: “Bekend gestel deur Diek van Wyk”. Verder het ek my ook spesifiek tot die leserspubliek van GRASnuus gerig, vandaar die verwysings na GRASnuus en aanbevelings aan lesers. Daar is een uitsondering: ‘n boek wat deur Piet van Staden geskryf is, Towards a Greater God. Dié het ek vir ‘n ander nuusbrief waaraan ek deelgeneem het, met die sentimentele naam Sielsnetwerk, gegee en vir kennisname aan Piet gestuur. Hy het dit toe sonder my medewete in GRASnuus gepubliseer. Het ek dit verwag, sou ek deegliker werk daarvan gemaak het. Terugskouend besef ek, en dink ek, dat daar nogal heelwat interessante stof in die bekendstellings rondlê. Miskien prikkel dit iemand in wie se hande dit beland om van die boeke te lees.

Diek van Wyk
Jeffreysbaai
2014

Address

Birlandstraat 41, Langebaan, Wes-Kaap
Website: http://www.denovowebs.co.za
Email: info@denovowebs.co.za

Lees meer boeke

Ek is liewer ‘n arm man wat in ‘n solder woon met baie boeke as ‘n koning wat nie lief is vir lees nie.

~ Thomas Babington Macaulay

Meer oor ons

Belangrik: De Novo Boeke is 'n privaat uitgewery wat skrywers help om self hul manuskripte te publiseer.