Annerkant die Subway

R0.00

De Aar, eens die bedrywigste spoorwegaansluiting in die land. Vandag die rustige Karoodorp waar die skoliere wie se stories in hierdie boek opgeteken is, se lewens destyds gevorm is. Skoliere wat vandag nog die woorde van hul skoollied onthou: Vir jou sal ons onthou. Aan jou bly ons getrou. Jy lê die fondament waarop ons voortaan bou.

Category:

Description

Die dorp waar kindwees nog speletjies was. Geen TV, geen rekenaars, geen selfone …..Wat bly dan oor vir die jong klomp om hulself mee besig te hou?

In hierdie boek vertel ’n aantal skoliere die stories van destyds, van hul treinedorp en sy treinemense en hul onvergeetlike skooldae daar duskant die duikweg. Stories wat jou soms sal laat skater van die lag maar soms weer ’n traan sal laat wegpink. Stories wat jou met heimwee sal laat terugdink aan die goeie ou dae.

Konsternasie op die stasie; die Sirkus-olifant maak amok; Moonwalk op De Aar se B-veld; Hendrikus spreek in tale; die Ode van die nagkar; Goliat se kettie, die Rottang sê kazook; Koshuiskaskenades; Kaal boude in die swembad; Vrugte steel by ou Senator; Die reënwurms in Ds. Postma se katkisasieklas en nog vele meer lekkerlag stories.

Lees hoe onthou hulle hul onderwysers: Die onvergeetlike oom Seppie Jooste, Pappa van Rensburg, Sir de Villiers, Flash Fourie, Vlakhaas Kotzé, Beef du Preez, die legendariese Bok Stander en nog vele ander.

Deur hierdie stories word daar gepoog om gestalte te gee aan De Aar en sy mense van destyds met die doel om dit vir die jonger geslag te bewaar.

Address

Birlandstraat 41, Langebaan, Wes-Kaap
Website: http://www.denovowebs.co.za
Email: info@denovowebs.co.za

Lees meer boeke

Ek is liewer ‘n arm man wat in ‘n solder woon met baie boeke as ‘n koning wat nie lief is vir lees nie.

~ Thomas Babington Macaulay

Meer oor ons

Belangrik: De Novo Boeke is 'n privaat uitgewery wat skrywers help om self hul manuskripte te publiseer.