Ons Is Passievol. Ons Is Toegewyd. Ons Is Kreatief.

Coenie De Novo BoekeHi, my naam is Coenie
Ek is die alleeneienaar (sole proprietor) van De Novo Uitgewers. My hooffunksie is om vir die personeel koffie te maak en tussendeur help ek so hier en daar met die uitgee van boeke.

Marianne LubbeHier is Marianne
Sy is die kaptein van ons skip. Sy het meer as 17 jaar se ervaring in die saamstel, bladuitleg en teksversorging van boeke en handleidings. Sy doen redaksionele versorging en bladuitleg van ons boeke.

RenéSê Hi vir René

René is ons grafiese ontwerper. Sy skep die pragtige boekomslae van ons boeke en sorg dat dit drukgereed is met al die vereistes wat die drukkers verlang. Sy kan werklikwaar toor met grafiese ontwerp.

RiaEn dit is Ria 
Wow! Ria is behulpsaam met die proeflees van tekste en manuskripte. Sy is ook ons “woordeboek”. Soms bak sy vir ons die heerlikste beskuit om saam met ons koffie te geniet.

LanéHello Lané

Lané is ons bemarkeringsadviseur. Sy is tans nog besig met haar studies aan die universiteit met bemarking as een van haar vakke. Sy bring die heel nuutste tendense in bemarking na die span.

Ons lewer regte, meetbare resultate, dit is wat ons die heel beste doen.

Waarom meer betaal as jy beter vir minder kan kry?
“Imagination is more important than knowledge. For knowledge is limited, whereas imagination embraces the entire world, stimulating progress, giving birth to evolution.”
— Albert Einstein