Ons Boekwinkel

New in De Novo Bookshop


The hour of my suffering. The loneliest hour is the one before death; I am bound in icy chains; I lost it down below; It is no sin to be different; Does God look down and smile at the pain?

The Unbearable Pain of Being

During the night of 13 November 2003 the pain of being became so unbearable for my daughter Anli, that she decided to end it all by swallowing a lethal overdose of anti-depressants.

During the last years of her life she wrote numerous poems, lyrics and verse expressing her deep psychological pain and the anger and resentment that she felt for a society who she believed rejected her for who she was and who wanted her to conform and be “normal” according to its standards, and this is reflected in many of the crass and rough language in her writing.

To commemorate the 15th year of her passing, we have decided to publish a selection of her poems. We hope that by publishing these poems, it may give readers an idea of the desperation, loneliness and pain that people suffering deep distress, with labels such as personality disorders and severe depression, experience and which eventually can lead to a tragic self-destructive act.

We furthermore believe that it turns the lens on each of us. Too often those who are ‘different’, because of how they look or act, their struggles, their poverty, their skin colour, their sexuality, etcetera, are thought of as ‘less than’, not ‘right’, not ‘good’, and therefore are rejected, marginalised or stigmatised. These poems powerfully remind us of the incredible pain caused by such messages that one does not belong.

Also, for those experiencing their own distress and who are feeling particularly vulnerable we want to highlight that reading these poems and verse might be triggering, so we encourage good self-care and that maybe the publication is read at a time you feel on a more stable footing. Please remember that there is always help available – do talk about how you are feeling with someone you trust or your GP if you find it hard to manage on your own.

 

Ander boeke te koop 

 

Hier is ‘n paar boeke in ons boekwinkel waarin jy dalk mag belangstel. Sommige van die boeke word ook in e-pdf formaat (“clickable pdf) beskikbaar gestel. Dit kan afgelaai word en op enige slimfoon, tablet of rekenaar gelees word. Klik op die Meer inligting skakels van enige boek om meer inligting oor die betrokke boek bekom.

 

Godsdiens en Spiritualiteit

Ander titels/Algemeen

Jou boek kan hier kom

 

Jou boek kan hier kom

Latest Posts

  • The Unbearable Pain of Being
    The Unbearable Pain of Being
    Foreword Anli Schuin 20 February 1968 – 13 November 2003 On 13th November 2018 we will mark the 15th anniversary of the night Anli, our daughter, sister, mother, aunt and sister-in-law, ended her own life and changed all our lives for ever. This collection of poems and...
  • Afrikaans-Japannese Woordeboek
    Afrikaans-Japannese Woordeboek
    アフリカーンス語・日本語辞典 Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het vroeër vanjaar (2018), ‘n besondere Erepenning toegeken aan prof. E.F. (Ernst) Kotzé vir uitnemende bydrae tot en diens aan Afrikaans as wetenskaps- en standaardtaal. Prof. Kotzé is emeritus hoogleraar en navorsingsgenoot en dosent van die Nelson Mandela Universiteit in Port Elizabeth....

In hierdie boek kyk Jean Oosthuizen krities na die NG Kerk se geskiedenis sedert Jan van Riebeeck se aankoms in die Kaap, tot waar die kerk vandag is. In sy bestaan van meer as 350 jaar het die NG Kerk en die Nasionale Party so verstrengel geraak dat die kerk as “die Nasionale Party in gebed” bekend gestaan het. Die teoloog Ferdinand Deist se voorspelling in die laat tagtigerjare dat die kerk sal ondergaan wanneer apartheid tot ’n einde kom, blyk vandag in die kol te wees. As instelling wat apartheid uit die Bybel geregverdig en verdedig het, het die kerk se vernietigende invloed nie alleen gemeenskappe in Suid-Afrika van mekaar vervreem nie – ook lidmate wat kritiese vrae gestel het, is na die periferie geskuif. Talle individue se menswaardigheid is geskend en verskeie loopbane is onder die dekmantel van Christenskap vernietig, soos die skrywer self kan getuig. Oosthuizen se blik strek egter wyer as sy ervaring toe hy in 2013 as nuusredakteur van Kerkbode geskors is ná die opspraakwekkende Woordfees-debakel. Sy reis vanuit die kerk se binnekring sluit die verhale in van gelowiges sowel as ongelowiges wie se paaie met die NG Kerk gekruis het. Die opkoms en ondergang van die NG Kerk bied ’n kontemporêre blik op die tragiese geskiedenis van ’n instelling wat deur die aandadigheid aan verontregting stelselmatig irrelevant geraak het.

Jean se boek kan by enige van die bekende boekwinkels aangekoop word of van takealot.com bestel word teen die afslagprys van R 229. Die Boek kan ook as e-boek (Kindle weergawe) by Amazon.com aangeskaf word.

'n Gedagte wat Paulo Coelho in sy boek The Fifth Mountain beklemtoon, is dat 'n mens meermale geforseer word om 'n bepaalde "journey" te stap.
"When a man journeys toward his destiny, often he is obliged to change paths. All this is part of the apprenticeship."

Dit lyk vir my dat as jy eers met hierdie "journey" begin het, is omdraai nie maklik of moontlik nie. Jy moet doodeenvoudig vasbyt en deurdruk anders mag jy 'n wêreld se ervarings, lesse, lewenswyshede en belewenisse mis wat onvervangbaar is.
Daarom dat Hendrik Venter in sy boek die volgende aanhaling aanhoudend beklemtoon: "Take your soul on a drive or else it will take you for a ride."
Dit is baie duidelik uit hierdie boek dat Venter inderdaad 'n baie moeilike en gekompliseerde reis op voetsoolvlak beleef het. Op hierdie reis is hy oop en krities-soekend na godsdienstige antwoorde op sy eie pad en ervarings. Hy skryf: "wanneer ek by die kerk uitstap, is ek op my eie en moet ek self kies. Nadat ek by die sielkundige klaar is, is ek ook op my eie en moet ek self gaan doen. Êrens hier op my eie moet ek by myself begin; moet ek kies wat ek gaan doen om sin te gee aan my lewe."

In hierdie boek kyk Jean Oosthuizen krities na die NG Kerk se geskiedenis sedert Jan van Riebeeck se aankoms in die Kaap, tot waar die kerk vandag is. In sy bestaan van meer as 350 jaar het die NG Kerk en die Nasionale Party so verstrengel geraak dat die kerk as “die Nasionale Party in gebed” bekend gestaan het. Die teoloog Ferdinand Deist se voorspelling in die laat tagtigerjare dat die kerk sal ondergaan wanneer apartheid tot ’n einde kom, blyk vandag in die kol te wees. As instelling wat apartheid uit die Bybel geregverdig en verdedig het, het die kerk se vernietigende invloed nie alleen gemeenskappe in Suid-Afrika van mekaar vervreem nie – ook lidmate wat kritiese vrae gestel het, is na die periferie geskuif. Talle individue se menswaardigheid is geskend en verskeie loopbane is onder die dekmantel van Christenskap vernietig, soos die skrywer self kan getuig. Oosthuizen se blik strek egter wyer as sy ervaring toe hy in 2013 as nuusredakteur van Kerkbode geskors is ná die opspraakwekkende Woordfees-debakel. Sy reis vanuit die kerk se binnekring sluit die verhale in van gelowiges sowel as ongelowiges wie se paaie met die NG Kerk gekruis het. Die opkoms en ondergang van die NG Kerk bied ’n kontemporêre blik op die tragiese geskiedenis van ’n instelling wat deur die aandadigheid aan verontregting stelselmatig irrelevant geraak het.

Jean se boek kan by enige van die bekende boekwinkels aangekoop word of van takealot.com bestel word teen die afslagprys van R 229. Die Boek kan ook as e-boek (Kindle weergawe) by Amazon.com aangeskaf word.

Die moord op sy broer Jannie in die straat voor sy huis, sy jongste broer wat in ‘n plofstofongeluk omgekom het, Bertus, ‘n kollega, wat deur ‘n ryloper vermoor is, sy neef Fanie wat gesterf het toe hy noodlottig gewond is deur rowers tydens ‘n rooftog op ‘n voertuig wat kontant vervoer het, ‘n kennis van hom wie se vrou en drie dogters herhaaldelik deur vier inbrekers verkrag is terwyl hy op ‘n stoel vasgemaak is en moes kyk hoe hierdie afgryslike dade gepleeg word, ‘n diep gelowige vriendin wie se twee seuns in ‘n motorongeluk gesterf het is maar enkele tragedies wat A J (At) Fourie uiteindelik op die pad van twyfel, en soeke na die waarheid geplaas het – ‘n pad wat uiteindelik op die vraag uitgeloop het: “Waar is God”.

In die voorwoord van die boek skryf At: “‘n Diepe persoonlike geestelike stryd met die traumatiese afsterwe van familielede, asook die van vriende en die vrae daar rondom, het aanleiding gegee tot die skryf van hierdie boek. As die heengaan van laasgenoemdes was as gevolg van natuurlike omstandighede, sou ek dit meer geredelik aanvaar het. Die dood van mense is ‘n natuurlike gebeurtenis en so ook sekere onnatuurlike lewensverliese. Ek wil dit baie duidelik stel dat hierdie boek nie ‘n navorsingstuk of ‘n studiegids is nie. Dit moet eerder gesien word as ‘n boek of ‘n outobiografie, waar ek my ervarings en soeke na die Waarheid weergee.

As jy ‘n kopie van hierdie boek direk van die skrywer wil bestel kan jy op hierdie skakel klik om ‘n epos aan hom te stuur: Klik om bestelling te plaas

“Maar om toe te kyk hoe ’n terminaal siek kind besig is om te sterf, moet die pynlikste ding wees wat enige ouer kan oorkom. Wat gaan regtig in sulke kinders en ouers se gedagtes aan?”, vra Jean Oosthuizen in ’n artikel in Rapport van 15 Julie 2018. Dit is dan ook waaroor dit gaan in die verhaal van Gerrit Visser en sy dogter, Andrie, wat gesterf het nadat sy met myeloblastiese leukemie gediagnoseer was.

Gerrit se hartverskeurende verhaal van hoe "die ruiter op die vaal perd" - soos hy die dood noem - hul dogter kom steel het sal elke leser diep raak. “Om jou kind se naam en die woord “dood” in dieselfde sin te plaas voel onvanpas. Kindwees impliseer immers bruisende lewe, hoop, verwagting en ‘n toekoms wat wink! Die werklikheid is soms anders. Die dood het geen respek vir die ouderdom nie”, skryf Gerrit. "Wat word ’n ouer wie se kind gesterf het genoem?" wonder hy dan. As ‘n vrou se man sterf, is sy ‘n weduwee; as ‘n man se vrou sterf, is hy ‘n wewenaar en as ‘n kind se ouers sterf is hy/sy ‘n weeskind maar daar bestaan egter nie ‘n naam vir ouers wie se kind sterf nie. Die verlies, hartseer en verlange is te groot om in een woord vasgevang te word!

Klik gerus op die bestel-skakel hier onder om jou kopie teen R90.00 plus posgeld te bestel.

“Sal ons nog droom as ons dood is?
Dr Piet Muller

Is die dood die Groot Einde? Bly daar na die sterfte niks oor van al die mens se drome en aspirasies nie? Het alles wat ʼn mens in jou lewe bereik het na die dood geen sin meer nie?

Dit is die vrae wat dr. Piet Muller probeer beantwoord in hierdie boek. Hy kyk krities na opgetekende gevalle van mense wat buite hul liggame beweeg het en mense wat op vorige lewens aanspraak maak. Hy stel ook Suid-Afrikaners aan die woord wat soortgelyke ervarings gehad het en laat wetenskaplikes saampraat.

As jy ‘n kopie van hierdie boek direk van die skrywer wil bestel kan jy op hierdie skakel klik om ‘n epos aan hom te stuur: Klik om bestelling te plaas

Mosaïek van mense
Ontmoetings wat my denke en lewe radikaal verander het.
Nico Smith

Van Barth tot Buti, van Boshoff tot Mandela – só uiteenlopend is die groot geeste wat Nico Smith se pad oor ses dekades vanaf Afrika tot in Europa en terug gekruis het. Ontmoetings wat sy denke en lewe radikaal verander het

OPSOMMING: Sommige ontmoetings was eenmalig, ander feitlik lewenslank. Dié mosaïek van mense het Smith help maak wat hy was: die stormvoëls wat vreesloos stelling ingeneem het teen ongeregtigheid; dié wat nie kans gesien het om meer te doen as om in die binnekamers te fluister nie en dié vir wie volk en kultuur onafskeidbaar van kerk en teologie was. Dan is daar ook dié buite die Afrikanerkring wat juis weens hul afstand die eerste vlammetjie van twyfel by ’n jong sendingsekretaris aangesteek het.

Oor dié ontmoetings en gesprekke het Smith volledig geskryf, nie om met die grotes wat hom by die naam geken het te smous nie, maar om ’n beduidende geskiedenis op te teken: enersyds dié van ’n enkeling wat halfpad deur sy lewe die moed gehad het om om te draai en stroom-op te swem, en andersyds dié van sy mense wat verkneg geraak het aan ’n ideologie – en daardeur ander verkneg het.

UITGEWER: Bybel-Media

As jy ‘n kopie van hierdie boek by Bybelmedia wil bestel kan jy op hierdie skakel klik: Plaas bestelling