Die Dood van die God van my Vaders

Die Dood van die God van my Vaders
Hoe die lewe in die township Mamalodi my Godsbeskouing verander het
Skrywer – Dr Nico Smith

In 1985 het Nico Smith baie mense geskok toe hy, as wit man met onberispelike Afrikaner stamboom, ‘n voortreflike universiteitspos en twaalfvertrekhuis in “wit” Stellenbosch, alles opgegee het vir die viervertrekpondokkie midde-in die woonplek van duisende swart mense. Hy en sy vrou Ellen was sekerlik die enigste wit Afrikaanse mense wat in daardie jare van opstand en ellende so iets sou waag.

In Die dood van die God van my vaders vertel hierdie eertydse professor aan die NG Kerk se Kweekskool op Stellenbosch, die verhaal van sy vereenselwiging met sy gemeentelede in Mamelodi. Die boek is die verhaal van die gewone mense wat onder apartheid die “ellendiges van die aarde” geword het.

Smith vertel aangrypend hoe die lewe in die township Mamelodi sy godsbeskouing verander het en oor die manier waarop blankes en swartes in Suid-Afrika saamleef. Hoe is dit moontlik dat hulle langs mekaar voortbestaan, terwyl hulle so min van mekaar af weet? Die bevrydingsteologie het vir dr. Smith in die plek gekom van die dooie ortodoksie van die NG kerk waarin hy opgegroei het soseer dat dit vir hom nie meer sin gemaak het om God met “Ons Vader in die hemel” aan te spreek nie.

Latest Posts

  • The Unbearable Pain of Being
    The Unbearable Pain of Being
    Foreword Anli Schuin 20 February 1968 – 13 November 2003 On 13th November 2018 we will mark the 15th anniversary of the night Anli, our daughter, sister, mother, aunt and sister-in-law, ended her own life and changed all our lives for ever. This collection of poems and...
  • Afrikaans-Japannese Woordeboek
    Afrikaans-Japannese Woordeboek
    アフリカーンス語・日本語辞典 Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het vroeër vanjaar (2018), ‘n besondere Erepenning toegeken aan prof. E.F. (Ernst) Kotzé vir uitnemende bydrae tot en diens aan Afrikaans as wetenskaps- en standaardtaal. Prof. Kotzé is emeritus hoogleraar en navorsingsgenoot en dosent van die Nelson Mandela Universiteit in Port Elizabeth....

Teken in op ons nuusbrief

Vul die vorm in en stuur as jy ons gereelde nuusbrief wil ontvang.

In hierdie boek kyk Jean Oosthuizen krities na die NG Kerk se geskiedenis sedert Jan van Riebeeck se aankoms in die Kaap, tot waar die kerk vandag is. In sy bestaan van meer as 350 jaar het die NG Kerk en die Nasionale Party so verstrengel geraak dat die kerk as “die Nasionale Party in gebed” bekend gestaan het. Die teoloog Ferdinand Deist se voorspelling in die laat tagtigerjare dat die kerk sal ondergaan wanneer apartheid tot ’n einde kom, blyk vandag in die kol te wees. As instelling wat apartheid uit die Bybel geregverdig en verdedig het, het die kerk se vernietigende invloed nie alleen gemeenskappe in Suid-Afrika van mekaar vervreem nie – ook lidmate wat kritiese vrae gestel het, is na die periferie geskuif. Talle individue se menswaardigheid is geskend en verskeie loopbane is onder die dekmantel van Christenskap vernietig, soos die skrywer self kan getuig. Oosthuizen se blik strek egter wyer as sy ervaring toe hy in 2013 as nuusredakteur van Kerkbode geskors is ná die opspraakwekkende Woordfees-debakel. Sy reis vanuit die kerk se binnekring sluit die verhale in van gelowiges sowel as ongelowiges wie se paaie met die NG Kerk gekruis het. Die opkoms en ondergang van die NG Kerk bied ’n kontemporêre blik op die tragiese geskiedenis van ’n instelling wat deur die aandadigheid aan verontregting stelselmatig irrelevant geraak het.

Jean se boek kan by enige van die bekende boekwinkels aangekoop word of van takealot.com bestel word teen die afslagprys van R 229. Die Boek kan ook as e-boek (Kindle weergawe) by Amazon.com aangeskaf word.