Pa, Ma. Ek is gay

VOORWOORD

‘n Self help boek vir ouers van gay kinders

Jy moet ‘n ouer wees om die hart van ‘n ouer te verstaan. Geen opleiding in Sielkunde, Teologie, Opvoedkunde of Pediatrie kan jou leer hoe ‘n ouer se hart werk nie. 9 Maande se wag, 12 maande se dra, 24 maande se kop vas gryp, 60 maande se loop en soek en ‘n leeftyd se bekommernis en gebede leer jy nie in ‘n boek nie. Selfs al is jy ‘n ouer, loop elke pad van ouerskap verskillend, nie slegs van ouer tot ouer nie, maar ook van kind tot kind. Nie twee kinders se pad is dieselfde nie en wat ook al vir die een kind werk, werk nie vir die volgende kind nie. Niks wat hier staan is vir jou as ouer nuus nie. Jy en ek het dit met duur lesse in die praktyk geleer. Ons leer dit steeds elke dag, want ouerskap hou nooit op nie – dit is ‘n lewenslange taak.

Omdat my en jou soort ouerskap van mekaar verskil en omdat ons kinders van mekaar verskil het ek nie vir jou al die antwoorde nie. Dit is nie omdat ek nie baie hiervan weet nie, dis net omdat elke ouer se pad met sy/haar kind verskil en ek gaan nie maak asof ek alles weet nie. Ons almal ken daardie ou boekies wat vir jou vertel hoe jy as ouer moet maak en ons almal lees hul so ent weg totdat ons besef dit gaan nie vir ons werk nie. Mense is uniek, ouers is uniek en verhou-dings tussen ouers en hul kinders is uniek.

Hierdie “gay-ding” waarmee jou kind vorendag gekom het gaan natuurlik julle unieke verhouding nog verder kompliseer. Julle gaan nou ‘n nog vreemder pad met mekaar stap. Vir sommige ouers is dit makliker as vir ander, maar vir sommige ouers is dit die steilste pad wat hul nog ooit saam met hul kind moes stap. Ek kan hierdie pad nie vir jou stap of selfs vir jou sê hoe moeilik dit vir julle gaan wees nie. Al wat ek vir jou kan doen is om jou te help om die pad so ‘n bietjie beter te verstaan en om vir jou ‘n paar slaggate te wys.
Mag ek sê dat ek jou so bietjie jammer kry; nie omdat jy ‘n gay kind het nie, maar omdat daar vir jou ‘n stukkie grondpad voorlê. Jy sal van voor af moet dink oor jou ouerskap en jy sal jou verhouding met jou kind moet aanpas, maar kom ek verseker jou in dieselfde asem dat dit een van die wonderlikste stukkies pad saam met jou kind kan wees as jy bereid is om dit toe te laat.

Klik om meer te lees

Latest Posts

  • The Unbearable Pain of Being
    The Unbearable Pain of Being
    Foreword Anli Schuin 20 February 1968 – 13 November 2003 On 13th November 2018 we will mark the 15th anniversary of the night Anli, our daughter, sister, mother, aunt and sister-in-law, ended her own life and changed all our lives for ever. This collection of poems and...
  • Afrikaans-Japannese Woordeboek
    Afrikaans-Japannese Woordeboek
    アフリカーンス語・日本語辞典 Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het vroeër vanjaar (2018), ‘n besondere Erepenning toegeken aan prof. E.F. (Ernst) Kotzé vir uitnemende bydrae tot en diens aan Afrikaans as wetenskaps- en standaardtaal. Prof. Kotzé is emeritus hoogleraar en navorsingsgenoot en dosent van die Nelson Mandela Universiteit in Port Elizabeth....