Die Afrikaner-Broederbond

‘n Dompas en ‘n vrypas

Twee pasmaats wat hand aan hand deur die apartheidsgeskiedenis van Suid-Afrika loop. Die onderdrukking van die swartes aan die een kant, aan die ander kant die mag van die Afrikaner, gerugsteun deur die Afrkaner-Broederbond, ‘n geheime organisasie wat die Afrikaner ‘n vrypas gegee het om gekleurde mense hulle fundamentele menseregte te ontneem – en dit danksy die NG Kerk Bybels gefundeer het.

Vir die eerste keer praat ‘n voormalige lid van die Afrikaner-Broederbond uit. Nie om die goeie werk van die organisasie weer eens te beklemtoon nie, maar om te onthul wat so lank vir die res van die volk geheim gehou is.

Smith vertel van die greep wat die Afrikaner-Broederbond op die regering gehad het, die greep van die regering op die Broederbond, die greep van die NG Kerk op die Bond en op die regering.

Nico Smith, oud-NG predikant, oud-professor in Sendingwetenskap, oud-sendingsekretaris, oud-Afrikaner- Broederbonder en uiteindelik ‘uitgewekene’ predikant in die Swart woonbuurt Mamelodi, vertel van die ongekende mag van die Afrikaner-Broederbond in die swart apartheidsjare.

 

Latest Posts

  • The Unbearable Pain of Being
    The Unbearable Pain of Being
    Foreword Anli Schuin 20 February 1968 – 13 November 2003 On 13th November 2018 we will mark the 15th anniversary of the night Anli, our daughter, sister, mother, aunt and sister-in-law, ended her own life and changed all our lives for ever. This collection of poems and...
  • Afrikaans-Japannese Woordeboek
    Afrikaans-Japannese Woordeboek
    アフリカーンス語・日本語辞典 Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het vroeër vanjaar (2018), ‘n besondere Erepenning toegeken aan prof. E.F. (Ernst) Kotzé vir uitnemende bydrae tot en diens aan Afrikaans as wetenskaps- en standaardtaal. Prof. Kotzé is emeritus hoogleraar en navorsingsgenoot en dosent van die Nelson Mandela Universiteit in Port Elizabeth....

Teken in op ons nuusbrief

Vul die vorm in en stuur as jy ons gereelde nuusbrief wil ontvang.