Welkom by De Novo Uitgewers

Suid-Afrika se boekemark vir Afrikaanse boeke is klein en dit jaag produksiekoste per boek op. Groot gevestigde uitgewers is daarom baie kieskeurig oor watter boeke hulle vir publikasie aanvaar. Self-publikasie maak dus sin veral vir mense wat sukkel om hul manuskripte deur die gevestigde uitgewers aanvaar te kry.  Dit is waar De Novo Boeke in die prentjie kom. Ons sal jou help om, teen die mees bekostigbare prys , jou manuskrip self te publiseer.


“Lees skep ‘n volledige mens, beraadslaging ‘n man wat gereed is, en skryf ‘n presiese man.”
~ Sir Francis Bacon

Self-publikasie

Om jou boek met die hulp van De Novo Boeke self te publiseer, is baie maklik. Jy stuur vir ons jou manuskrip in MS Word formaat per e-pos aan. Ons evalueer die manuskrip en voorsien jou van ’n kwotasie. Indien jy tevrede is met die finansiële reëlings gaan ons voort met die produksie van die hoeveelheid boeke wat jy verlang.

Ons konsentreer hoofsaaklik op nie-fiksie, gedigte, handleidings en soortgelyke publikasies maar as jy ‘n goeie teks vir ‘n fiksieverhaal het, sal ons graag daarna ook wil kyk.

Lees hier onder verder oor wat jy moet doen as jy self jou boek wil publiseer en hoe De Novo Boeke jou kan help om jou droom van jou eie boek te verwesenlik.

Ons dienste

De Novo Boeke verskaf ’n bekostigbare publiseringsdiens aan nuwe (en gevestigde) skrywers. Ons dienste sluit die volgende in:

  • Gratis manuskrip evaluering
  • Teksversorging en bladuitleg
  • Proeflees en redigering van teks
  • Ontwerp van boekomslag
  • Omskakeling na drukgereed pdf
  • POD (“Print-on-Demand”) drukkersdienste
  • Aansoek om ISBN nommer en strepieskode indien verlang
  • Hulp met bemarking, verspreiding en verkoop van boek deur
    • Ons webblad
    •  E-pos bemarking
    • Sosiale media
Indien verlang kan ons ook jou manuskrip in e-boek formaat produseer. E-boeke se produksiekoste is heelwat minder as vir gedrukte boeke.  Meer inligting hieroor onder E-boeke

Hoe werk self-publikasie.

Om jou boek deur De Novo Boeke te laat uitgee is baie maklik. Jy stuur jou manuskrip in MS Word formaat per e-pos aan ons. Ons evalueer die manuskrip en voorsien jou van ’n kwotasie. Indien jy tevrede is met die finansiële reëlings gaan ons voort met die produksie van die hoeveelheid boeke wat jy verlang. Dit is egter nie waar alles eindig nie. Die groot werk van bemarking, verspreiding en verkope van die boek lê dan voor. De Novo Boeke kan jou hiermee help en van die nodige advies voorsien.

Lees die res van die bladsy en vul die vorm aan die einde in en dan is die proses aan die rol.

Bemarking

Goeie gedagteprikkelende boeke, goeie kwaliteit skryfwerk, professionele redigering en proeflees ondersteun deur ’n treffende omslagontwerp wat die oog vang, is van die vernaamste vereistes vir goeie verkope.

Kragtens tradisionele bemarking en publisiteit tree De Novo Boeke op as ’n konsultant en kan ons jou adviseer oor hoe om verskeie bemarkingsmetodes te benut. Dit sluit o.a. in:

  • ’n Boekbekendstellingsgeleentheid waarheen kennisse, vriende en familie genooi word. Kopers van boeke hou daarvan om ’n getekende kopie van ’n boek te besit. ’n Interessante spreker wat die boek bekendstel help om mense na die geleentheid te lok.
  • Sosiale media en e-bemarking is belangrike bemarkingskanale. De Novo Boeke kan jou help met die skep van ’n “blog” of jou eie Facebook-blad (as jy nog nie een het nie) waar jy jou boek kan bekendstel.
  • ’n Stalletjie by ’n kunsmark by een van die talle kunstefeeste waar jy jou boek kan verkoop
  • Optrede as spreker by toepaslike organisasies waar jy jou boek beskikbaar het vir mense wat dit wil koop. Afhangende van die tema van jou boek kan dit organisasies insluit soos damesorganisasies (VLU of VLV), Kultuurorganisasie, Boekklubs en so meer.

Dit klink na harde werk maar as jy dink jou boek is belangrik genoeg om gelees te word, is geen moeite te veel om die boek in die hande van lesers te plaas nie.

Hoeveel kos dit?

Hier is ‘n voorbeeld: Om 100 boeke van A5 grootte en ongeveer 100 bladsye en ’n omslag in volkleur met “PUR binding” te druk, kan die volgende kos –

  • Drukkoste R3500 (wissel na gelang van aantal bladsye ens)
  • Omslagontwerp R500
  • Proeflees en redigering R600
  • Bladuitleg en teksversorging R800
  • ISBN aansoek en strepieskode (indien verlang) R400

Sonder die ISBN nommer werk die totale koste om 100 boeke te verskaf dus uit 0p R54.00 per boek. As jy jou boek dan teen R120 per eksemplaar verkoop (wat waarskynlik te min is) is jou inkomste R12000.00 minus produksiekoste van R5400.00 = R6 600. Indien jy dan nog 100 boeke laat druk betaal jy net die drukkoste en kan jou wins R8 500 wees. Onthou – hierdie is slegs ‘n voorbeeld en afhangende van ‘n paar faktore, kan die boek soms duurder uitwerk. Soos hulle altyd in advertensie sê: Terme en voorwaardes is van toepassing.

Die goeie nuus is dat De Novo Boeke geen deposito vooraf verlang nie. Die drukkers verwag egter betaling op aflewering so, terwyl die boek nog in die produksiestadium is, begin ons reeds met die bemarking van die boek en as die verkope goed loop, kan dit gebeur dat al die kostes reeds verhaal is teen die tyd dat die drukker die boeke aflewer.

E-boeke

Indien jy verkies om jou boek eerder as e-boek uit te gee, is De Novo Boeke die regte plek om by aan te klop. Ons omskep jou manuskrip in ‘n e-boek teen minimale koste. Ons e-boeke is in pdf formaat (“clickable pdf”) wat op enige rekenaar, skootrekenaar, tablet of slimfoon gelees kan word met Acorbat Reader. As kopers nie Acrobat op hul toestelle het nie, versaf ons ook ‘n skakel waar dit gratis afgelaai kan word.

Soos genoem, is die koste van die produksie van ‘n e-boek aansienlik mider as vir ‘n gedrukte boek, ongeag die hoeveelheid bladsye – binne perke natuurlik – waaruit die boek bestaan. Die kostes vir die skep van n e-boek is soos volg:

  • Voorbladontwerp R300
  • Proeflees en redigering R600
  • Bladuitleg en teksversorging R800
  • Laai en stoor op De Novo Boeke se webblad (indien verkies) plus elektroniese bestelvorm R150

As voorbeeld: Die totale koste vir ‘n e-boek werk dus uit op R1850. Indien jy jou e-boek teen R50 per eksemplaar verkoop, kan jy al jou kostes verhaal deur net 37 boeke te verkoop.

Voltooi die vorm hier onder om die boek waaroor jy nog altyd gedroom het ‘n werklikheid te laat word.

Latest Posts

  • The Unbearable Pain of Being
    The Unbearable Pain of Being
    Foreword Anli Schuin 20 February 1968 – 13 November 2003 On 13th November 2018 we will mark the 15th anniversary of the night Anli, our daughter, sister, mother, aunt and sister-in-law, ended her own life and changed all our lives for ever. This collection of poems and...
  • Afrikaans-Japannese Woordeboek
    Afrikaans-Japannese Woordeboek
    アフリカーンス語・日本語辞典 Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het vroeër vanjaar (2018), ‘n besondere Erepenning toegeken aan prof. E.F. (Ernst) Kotzé vir uitnemende bydrae tot en diens aan Afrikaans as wetenskaps- en standaardtaal. Prof. Kotzé is emeritus hoogleraar en navorsingsgenoot en dosent van die Nelson Mandela Universiteit in Port Elizabeth....

In hierdie boek kyk Jean Oosthuizen krities na die NG Kerk se geskiedenis sedert Jan van Riebeeck se aankoms in die Kaap, tot waar die kerk vandag is. In sy bestaan van meer as 350 jaar het die NG Kerk en die Nasionale Party so verstrengel geraak dat die kerk as “die Nasionale Party in gebed” bekend gestaan het. Die teoloog Ferdinand Deist se voorspelling in die laat tagtigerjare dat die kerk sal ondergaan wanneer apartheid tot ’n einde kom, blyk vandag in die kol te wees. As instelling wat apartheid uit die Bybel geregverdig en verdedig het, het die kerk se vernietigende invloed nie alleen gemeenskappe in Suid-Afrika van mekaar vervreem nie – ook lidmate wat kritiese vrae gestel het, is na die periferie geskuif. Talle individue se menswaardigheid is geskend en verskeie loopbane is onder die dekmantel van Christenskap vernietig, soos die skrywer self kan getuig. Oosthuizen se blik strek egter wyer as sy ervaring toe hy in 2013 as nuusredakteur van Kerkbode geskors is ná die opspraakwekkende Woordfees-debakel. Sy reis vanuit die kerk se binnekring sluit die verhale in van gelowiges sowel as ongelowiges wie se paaie met die NG Kerk gekruis het. Die opkoms en ondergang van die NG Kerk bied ’n kontemporêre blik op die tragiese geskiedenis van ’n instelling wat deur die aandadigheid aan verontregting stelselmatig irrelevant geraak het.

Jean se boek kan by enige van die bekende boekwinkels aangekoop word of van takealot.com bestel word teen die afslagprys van R 229. Die Boek kan ook as e-boek (Kindle weergawe) by Amazon.com aangeskaf word.