Kom ons praat oor die dood

Kom ons praat oor die dood

Die voorbladberig van Rapport vandag (Sondag 12 Julie)  het my opnuut laat beself ons leef in ’n met dood deurdrenkte wêreld. Ek moet erken, ek raak al banger vir hierdie covid-19 virus wat al meer lewens eis. Terwyl ek hier skryf is 3720 mense reeds in Suid-Afrika dood as gevolg van die Covid-19 pandemie terwyl wêreldwyd daar reeds  558 717 Covid-19 sterftes was. 

Die virus het ons gedwing om meer openlik en gereeld oor die dood te dink en te praat, iets wat gewoonlik as ’n taboe-onderwerp beskou word. Rapport se voorbladberig van vandag dwing mens onwillekeurig om oor jou en jou mense se blootstelling aan hierdie lewensverwoestende virus te dink en ek moet erken, en kan nie help om te wonder of Ria en ek nie dalk ook slagoffers van hierdie moordenaarsiekte gaan word nie. Ons val immer in die sogenaamde hoë risiko groep en dit maak my bang.

Sondagaand 5 Julie het Jean Oosthuizen in sy program Uit ’n ander hoek op RSG gesê die Covid-19-pandemie maak ons opnuut bewus van ons weerloosheid, en laat mens onwillekeurig nadink oor die dood. In die program het hy met praktiese teoloog, prof. Cas Weppener, en die Oud-Testamentikus, prof. Sakkie Spangenberg, oor hulle siening van die dood gesels.

 Huisgenoot van 12 Junie 2014 dra ‘n onderhoud wat Dana Snyman met wyle Pik Botha gevoer het. In die onderhoud vertel Pik onder andere:“Ek en Barend du Plessis, wat saam met my minister was, het nou die dag lank oor die telefoon gepraat,.Ek sê vir hom: ‘Barend, ons het in ons tyd in die kabinet baie gepraat en gepraat. Hoekom het ons nooit oor die ouderdom en die sin van dinge gepraat nie? Dit wat regtig belangrik is? “Toe sê Barend ‘n baie waar ding. Hy sê: ‘Pik, ons ervaar nou die tirannie van die oomblik! “Die tirannie van die oomblik wanneer mens besef hoe kort die lewe eintlik is.

Covid-19 is tans die tirannie van die oomblik.

Wyle Prof. Nico Smith sê in ’n ongepubliseerde artikel: “En om te sterf is beslis die laaste groot uitdaging vir die mens. Om te kan sterf, kan nie voor die dood reeds beoefen word nie. Die mens moet wag vir die oomblik wanneer die lewensasem sy liggaam verlaat. Wat die mens wél by die lewenskuns kan insluit, is die voorbereiding vir die sterwensoomblik. Wie in vrede kan sterf, het daarin geslaag om die lewe sinvol af te sluit. Vir my persoonlik is die dood nie ‘n verskrikking nie. Dis egter die proses wat met doodgaan gepaard kan gaan – ondraagbare pyn, ongemak, ens. Om die dood ten spyte van die moontlike gepaardgaande lyding tegemoet te gaan, is voorwaar ook ‘n kuns wat reeds voor daardie oomblik bemeester moet word. Wanneer die lewensdraad dan geknip word en die erdekruik stukkend in die graf of die oond val, het ek daar geen bitterheid oor of verset daarteen nie.

Stephen Cave, filosoof en skrywer van “Immortality: The Quest to Live Forever and How It Drives Civilization begin een van sy lesings oor die mens se soeke na onsterflikheid met die volgende vraag: “I have a question: Who here remembers when they first realized they were going to die?” Na n baie interessante lesing sluit hy dan af met die volgende stelling:

“Now, I find it helps to see life as being like a book: Just as a book is bounded by its covers, by beginning and end, so our lives are bounded by birth and death, and even though a book is limited by beginning and end, it can encompass distant landscapes, exotic figures, fantastic adventures. And even though a book is limited by beginning and end, the characters within it know no horizons. They only know the moments that make up their story, even when the book is closed. And so the characters of a book are not afraid of reaching the last page. Long John Silver is not afraid of you finishing your copy of “Treasure Island.” And so it should be with us. Imagine the book of your life, its covers, its beginning and end, and your birth and your death. You can only know the moments in between, the moments that make up your life. It makes no sense for you to fear what is outside of those covers, whether before your birth or after your death. And you needn’t worry how long the book is, or whether it’s a comic strip or an epic. The only thing that matters is that you make it a good story.”

Die van julle wat nog nie hierdie lesing gehoor het nie, en wat tyd het, kan gerus na Cave se lesing luister deur op hierdie skakel te klik:

https://www.ted.com/talks/stephen_cave_the_4_stories_we_tell_ourselves_about_death 

Nou wonder ek: As die koronavirus my omkap. sal die wat my geken het kan sê: Hy het ‘n goeie boek geskryf.