Self-publikasie

Om jou boek met die hulp van De Novo Boeke self te publiseer, is baie maklik. Jy stuur vir ons jou manuskrip in MS Word formaat per e-pos aan. Ons evalueer die manuskrip en voorsien jou van ’n kwotasie. Indien jy tevrede is met die finansiële reëlings gaan ons voort met die produksie van die hoeveelheid boeke wat jy verlang.

Ons konsentreer hoofsaaklik op nie-fiksie, gedigte, handleidings en soortgelyke publikasies maar as jy ‘n goeie teks vir ‘n fiksieverhaal het, sal ons graag daarna ook wil kyk.

Lees hier onder verder oor wat jy moet doen as jy self jou boek wil publiseer en hoe De Novo Boeke jou kan help om jou droom van jou eie boek te verwesenlik.

Ons dienste

De Novo Boeke verskaf ’n bekostigbare publiseringsdiens aan nuwe (en gevestigde) skrywers. Ons dienste sluit die volgende in:

  • Gratis manuskrip evaluering
  • Teksversorging en bladuitleg
  • Proeflees en redigering van teks
  • Ontwerp van boekomslag
  • Omskakeling na drukgereed pdf
  • POD (“Print-on-Demand”) drukkersdienste

  • Aansoek om ISBN nommer en strepieskode indien verlang
  • Hulp met bemarking, verspreiding en verkoop van boek deur
    • Ons webblad
    •  E-pos bemarking
    • Sosiale media




Indien verlang kan ons ook jou manuskrip in e-boek formaat produseer. E-boeke se produksiekoste is heelwat minder as vir gedrukte boeke.  Meer inligting hieroor onder E-boeke

Hoe werk self-publikasie.

Om jou boek deur De Novo Boeke te laat uitgee is baie maklik. Jy stuur jou manuskrip in MS Word formaat per e-pos aan ons. Ons evalueer die manuskrip en voorsien jou van ’n kwotasie. Indien jy tevrede is met die finansiële reëlings gaan ons voort met die produksie van die hoeveelheid boeke wat jy verlang. Dit is egter nie waar alles eindig nie. Die groot werk van bemarking, verspreiding en verkope van die boek lê dan voor. De Novo Boeke kan jou hiermee help en van die nodige advies voorsien.

Lees die res van die bladsy en vul die vorm aan die einde in en dan is die proses aan die rol.

Bemarking

Goeie gedagteprikkelende boeke, goeie kwaliteit skryfwerk, professionele redigering en proeflees ondersteun deur ’n treffende omslagontwerp wat die oog vang, is van die vernaamste vereistes vir goeie verkope.

Kragtens tradisionele bemarking en publisiteit tree De Novo Boeke op as ’n konsultant en kan ons jou adviseer oor hoe om verskeie bemarkingsmetodes te benut. Dit sluit o.a. in:

  • ’n Boekbekendstellingsgeleentheid waarheen kennisse, vriende en familie genooi word. Kopers van boeke hou daarvan om ’n getekende kopie van ’n boek te besit. ’n Interessante spreker wat die boek bekendstel help om mense na die geleentheid te lok.
  • Sosiale media en e-bemarking is belangrike bemarkingskanale. De Novo Boeke kan jou help met die skep van ’n “blog” of jou eie Facebook-blad (as jy nog nie een het nie) waar jy jou boek kan bekendstel.
  • ’n Stalletjie by ’n kunsmark by een van die talle kunstefeeste waar jy jou boek kan verkoop
  • Optrede as spreker by toepaslike organisasies waar jy jou boek beskikbaar het vir mense wat dit wil koop. Afhangende van die tema van jou boek kan dit organisasies insluit soos damesorganisasies (VLU of VLV), Kultuurorganisasie, Boekklubs en so meer.

Dit klink na harde werk maar as jy dink jou boek is belangrik genoeg om gelees te word, is geen moeite te veel om die boek in die hande van lesers te plaas nie.

Hoeveel kos dit?

Hier is ‘n voorbeeld: Om 100 boeke van A5 grootte en ongeveer 100 bladsye en ’n omslag in volkleur met “PUR binding” te druk, kan die volgende kos –

  • Drukkoste R3500 (wissel na gelang van aantal bladsye ens)
  • Omslagontwerp R500
  • Proeflees en redigering R600
  • Bladuitleg en teksversorging R800
  • ISBN aansoek en strepieskode (indien verlang) R400

Sonder die ISBN nommer werk die totale koste om 100 boeke te verskaf dus uit 0p R54.00 per boek. As jy jou boek dan teen R120 per eksemplaar verkoop (wat waarskynlik te min is) is jou inkomste R12000.00 minus produksiekoste van R5400.00 = R6 600. Indien jy dan nog 100 boeke laat druk betaal jy net die drukkoste en kan jou wins R8 500 wees. Onthou – hierdie is slegs ‘n voorbeeld en afhangende van ‘n paar faktore, kan die boek soms duurder uitwerk. Soos hulle altyd in advertensie sê: Terme en voorwaardes is van toepassing.

Die goeie nuus is dat De Novo Boeke geen deposito vooraf verlang nie. Die drukkers verwag egter betaling op aflewering so, terwyl die boek nog in die produksiestadium is, begin ons reeds met die bemarking van die boek en as die verkope goed loop, kan dit gebeur dat al die kostes reeds verhaal is teen die tyd dat die drukker die boeke aflewer.

E-boeke

Indien jy verkies om jou boek eerder as e-boek uit te gee, is De Novo Boeke die regte plek om by aan te klop. Ons omskep jou manuskrip in ‘n e-boek teen minimale koste. Ons e-boeke is in e-pdf formaat (“clickable pdf”) wat op enige rekenaar, skootrekenaar, tablet of slimfoon gelees kan word met Acrobat Reader. Die inhoud word deur ‘n wagwoord beskerm teen roof-kopiëring en ongemagtigde druk van die inhoud.

Soos genoem, is die koste van die produksie van ‘n e-boek aansienlik mider as vir ‘n gedrukte boek, ongeag die hoeveelheid bladsye – binne perke natuurlik – waaruit die boek bestaan. Die kostes vir die skep van ‘n e-boek is soos volg:

  • Voorbladontwerp R300
  • Proeflees en redigering R600
  • Bladuitleg en teksversorging R800
  • Laai en stoor op De Novo Boeke se webblad (indien verkies) plus elektroniese bestelvorm R150

As voorbeeld: Die totale koste vir ‘n e-boek werk dus uit op R1850. Indien jy jou e-boek teen R50 per eksemplaar verkoop, kan jy al jou kostes verhaal deur net 37 boeke te verkoop.

Voltooi die vorm hier onder om die boek waaroor jy nog altyd gedroom het ‘n werklikheid te laat word.